Terug
WELKOM BY

Carpe Diem

Die strewe om die unieke potensiaal van elke leerder met spesiale behoeftes te ontwikkel.

By Carpe Diem streef ons daarna om die unieke potensiaal van elke leerder met spesiale behoeftes te ontwikkel, deur die gebruik van geskikte opvoedkundige en terapeutiese programme. Carpe Diem Skool maak voorsiening vir fisies-, leer- en intellektueel gestremde leerders tussen die ouderdomme van 6 en 18 jaar wat nie in die hoofstroomonderwys geakkommodeer kan word nie.

Carpe Diem Skool het 'n satelliet-eenheid vir outistiese leerders en ons is gebaseer op Laerskool Knysna se terrein. Tans het ons 4 leerders in die klas tussen die ouderdomme van 8 – 10 jaar. Elke leerder werk op sy eie vlak van ontwikkeling. Weeklikse beplanning word gedoen deur die KABV- en DCAPS-kurrikulums te volg.

Ons werk volgens temas en die werk word prakties en op 'n speelse manier aangeleer. Ons fokus ook baie daarop om die leerders vaardighede aan te leer, bv. kommunikasievaardighede (Makaton), fisiese ontwikkeling, tafeldek, tafelmaniere, skottelgoed was en resep lees. Elke leerder is uniek en daarom streef ons daarna om die leerders op hul unieke manier te hanteer en lief te hê.

afAfrikaans