Terug

KULTUUR

“Every STEM (Science, Technology, Engineering and Mathematics) needs a FLOWER!”

Hiermee bedoel ons dat Kuns en Kultuur baie hoog op ons prioriteitslys is. Die verhouding tussen akademie en die die kunste bied ons kinders die unieke geleentheid om gebalanseerd te ontwikkel.

Of dit nou kooroptredes, konserte, Revue’s, visuele kunsuitstallings, musikale uitvoerings en dies meer van hoogstaande gehalte is, bly hierdie diverse talent bepaald die vertoonvenster van ons skool.

Verwys na die Huidige Buitemuurse Aktiwiteitsprogram wat uitgedeel is of kontak die kantoor: 044 382 1422.

Neem asseblief kennis dat enige veranderinge wat in die program mag voorkom op die D6 Connect.

Redenaars / Debat

Ons het vir die eerste keer in die geskiedenis van Laerskool Knysna aan die ATKV Redenaarskompetisie deelgeneem.

Ons het 13 leerders ingeskryf wat almal aan die eerste uitdunronde in Oudtshoorn deelgeneem het. 4 van hulle het deurgedring na die halfeindstryd wat in Gqeberha plaasgevind. Ons is baie trots op almal van hulle wat die moed gehad het om hul toesprake voor soveel mense te lewer.

Musiek

Ons by Laerskool Knysna se Musiekakademie waardeer musiek as 'n kragtige instrument wat aansienlik kan bydra tot ons jong geeste se holistiese ontwikkeling, opheffing en bemagtiging. Dit is ons missie om gemeenskappe van uiteenlopende agtergronde, kulture en oortuigings bymekaar te bring deur musiek en om transformasie en integrasie op 'n prettige en opwindende manier te bevorder.

Musiekonderrig word aangebied in klavier, stem, sommige houtblasers (fluit en blokfluit), strykers (viool, tjello en kontrabas) en kitaar. Ons kore (junior en senior) neem deel aan verskeie vreugdevolle geleenthede in en om Knysna, asook marimba-ensembles wat ons fasiliteer. Verder word leerders ook voorberei vir beide interne en eksterne eksamens, asook Musiek Eisteddfodau.

Navrae

Word vandag deel van ons musiekreis en ervaar musiek soos nog nooit tevore nie. Vir enige navrae, kontak gerus die skool.

Kuns

Kunsklasse word by ons daaglikse rooster geïnkorporeer. Die kunskamer is 'n ruimte wat selfuitdrukking, kreatiwiteit, risiko-neming en visuele leer aanmoedig.

Leerders ervaar verskillende mediums soos ink, verf, pastelle, sny en bou. KPS sal die kunste integreer met ander vakke soos kuns en wetenskap of kuns en tegnologie, dit moedig leerderbetrokkenheid aan en bevorder kritiese denke.

Ons is ook opgewonde om leerders voor te berei vir meer kunsuitstallings en geleenthede in die toekoms.

Eko-Klub

Eko-klub is 'n buiteluggroep vir graad 5 tot graad 7 leerders wat daarop gemik is om leerders aan te moedig om hul natuurlike omgewing te waardeer. Hulle kom bymekaar om bewustheid te kweek oor die verskillende omgewingskwessies wat die samelewing vandag in die gesig staar en raak betrokke by verskeie projekte om te help om die lewe rondom hulle meer omgewingsvriendelik te maak.

afAfrikaans