Terug

AKADEMIE

Vir ons is akademiese standaarde baie belangrik. Ons streef daarna om aan die hoogste standaard te voldoen. Elke leerder word aangemoedig om sy volle potensiaal op elke vlak te bereik. Dit is 'n gesamentlike poging tussen die onderwyser, ouer en leerder.

Ons gebruik 'n holistiese benadering om diversiteit aan ons leerders te bied. Elke kind is uniek en interpreteer inligting op hul eie manier. Ons onderwysers probeer dus om die lesmateriaal op 'n opwindende en verstaanbare manier aan die leerders oor te dra. By Laerskool Knysna is ons leerders aktief betrokke om hul loopbane saam met ons te voor te berei.

Verwys na die Huidige Buitemuurse Aktiwiteitsprogram wat uitgedeel is of kontak die kantoor: 044 382 1422.

Neem asseblief kennis dat enige veranderinge wat in die program mag voorkom op die D6 Connect.

Leerondersteuning / Remediërende klasse

Ons skool het 'n span van 4 onderwysers- (2 in die Grondslagfase en 2 in die Intermediêre fase) wat leerders se unieke behoeftes kan bepaal.

Hulp word dan verskaf op gebiede soos UITBREIDING VAN WOORDESKAT, SPELLING, LEESVERMOË, BEGRIP, GETALWAARDE EN WISKUNDE.

Leessentrum

Die skool het 'n leesprogram vir leerderondersteuning, asook vir verryking om lees, leesspoed, begrip, spelling en taal te verbeter.

Die program is van toepassing op Huistaal en Eerste Addisionele Taal. Hierdie klasse vind na skool plaas.

afAfrikaans